Kwessie van TYD en Einstein se relatiwiteitsteorie
Volgens hom is daar sprake van ‘n 4-dimensionaliteit van die heelal/kosmos. Daar is sprake van ‘n tyd-ruimtetelikheid.Tyd is onlosmaaklik deel van die ruimte waarin ons leef. Al sou ek sg. staties net op een plek sit, beweeg ek nog deur tyd. (Daar is m. a. w. sprake van TYD wat verloop - van tydsverloop. Daar is ‘n nou tyd, en daar is ‘n later tyd. (Ook kwessie van psigologiese / psigiese / sielkundige / sielsTYD tyd ter sprake hier.)
‘ n Horlosie sou daardie nou en later meet as tydsverloop. Die vraag is, meet dit TYD of meet dit tydsverloop? (Maar is daar so iets as tyd as dit nie verander nie, as daar m. a. w. nie sprake is van nou en van later nie, van tydsVERLOOP nie? Dan is TYD en tydsverloop mos een en dieselfde ding, of is dit? ) Die vraag is: Kán ‘n horlosie TYD meet? Daar is m. i. sprake van verskillende soorte tyd. Horlosies het te make met Bewegingstyd. (Vergelyk maar die sonhorlosie!!!)
Maar daar is ook so iets as Gebeure-/biologiese/absolute TYD. Daar het iets gebeur tussen nou en later. Dit is teoreties deur Einstein voorspel en dit is herhaaldelik eksperimenteel bewys, dat hoe vinniger mens beweeg, hoe stadiger verloop tyd ( Time slows down.). Die afleiding word dan gemaak dat mens stadiger verouder hoe vinniger jy deur die ruimte sou beweeg - teen die snelheid van lig (wat net teoreties moontlik is) sou mens dus glad nie verouder nie. Die afleiding word gemaak dat die persoon wat teen ‘n baie hoë snelheid deur die ruimte beweeg na ‘n verloop van tyd baie jonger sou wees by sy terugkeer, as die persoon wat hier op die aarde agtergebly het en wat sou verouder het teen die “normale” tydsverloop.
Daar is vir my ‘n probleem met hierdie lg. aanname. Die probleem (o. a.) lê by die begrip/definisie/siening van wat TYD is. Daar is m. i. verskillende begrippe van TYD ter sprake in die skepping. Daar is m. i. ‘n verwarring: TYD word enersyds as ‘n meetintrument hanteer, wat “plek” aandui in die tyd-ruimte: Dit is 14:00; of Ek is 70. 14:00 dui op ‘n sekere tyd-ruimtelike plek m. b. t. die dag vir ‘n sekere persoon, gemeet in “ure” . En net so 70 jaar op die tyd-ruimtelike plek
m. b. t. die “bestaan” van ‘n persoon, gemeet in “jare”. Maar TYD is méér as net meetinstrument wat plek aandui in die tyd-ruimtelikheid van die kosmos. Hier bo was net ter sprake van wat ek bewegingsTYD sou wou noem, omdat TYD hier bloot gedefinieer word m. b. t. beweging.
Maar TYD is immers sélf kosmiese substansie???? Dit is tog immers deel van die ruimtelikheid van die heelal/kosmos. Vgl. hier bo na ‘n verloop van tyd - TYD het gebeur. In hierdie lg. sin sou ek dit absolute, gebeure- of selfs biologiese TYD wou noem. Sien dit so. As die persoon A so vinnig deur die ruimte beweeg, terwyl persoon B “staties” op die aarde is, gebeur daar met albei iets bo en behalwe dat albei tyd- ruimtelik beweeg. En daardie gebeure hang nie af van die meting van TYD nie. Daardie gebeur IS TYD. Die vraag is dus: Wat beweeg stadiger? Is dit die meting van tyd, soos op ‘n horlosie aangedui - en onthou, ‘n horlosie is ‘n metingsinstrument, of is dit TYD self wat stadiger GEBEUR? ‘n Gesofistikeerde kosmiese horlosie / atoomhorlosie meet immers net die snelheid / beweging van atome.???? Dit sê m. a. w. dat beweging stadiger is, maar dit sê niks oor absolute, gebeure- of biologiese TYD nie. Die vraag is: Is die gebeur stadiger? Is dit wat gebeur stadiger? gebeur biologiese prosesse ook stadiger, want dit het immers met veroudering te make? Is LEWE stadiger???? ‘n Horlosie meet TYD as ruimtelike beweging. Maar daar is nie net sprake van ruimtelike beweging nie, daar is ook sprake van biologiese “beweging” . En die vraag is: Hang dit af van, en of hang dit saam met ruimtelike beweging? Daar is dus m. i. ook nog ter sprake Gebeure-/biologiese/absolute TYD
Dit sou geen sin maak om in kosmiese sin te praat van TYD as gerig nie, d w s AS daar nie sprake was van gebeure nie. En gebeur is of net psigologies, of dit is ook kosmies - dus essensieel substansie van die werklikheidsdimensie. In die werklikheidsdimensie is die rigting van TYD Glas heelà Glas breek. Maar die rigting Glas heel ßGlas breek is nie moontlik nie. Dit kom daarop neer dat in tyd-ruimte dit net kan gebeur dat glas breek, maar dat dit nie kan gebeur dat ‘n GEbreekTE (TYD) glas vanself heel word nie. Dit is m. i. omdat daar nie net bewegingstyd ter sprake is nie, maar ook gebeuretyd - iets het gedurende hierdie tyd GEBEUR! En dit was nie TYD wat die glas gebreek het nie, iets het gebeur met die glas. En dit is onomkeerbaar. Dit IS moontlik om in bewegingstyd Glas heel ßGlas breek te hê, omdat dit moontik is om in bewegingstyd breek vóór heel te hê, soos in ‘n filmopname wat agteruit speel. ?????????Dit lyk my dan onsinnig om te praat van nie verouder nie, of stadiger verouder as ons in tyd-ruimte teen ‘n hoër snelheid beweeg. TYD is nie net bewegingstyd nie, dit is ook gebeuretyd, en iets het gebeur, biologies het tyd verloop vir albei die persone, of een nou “staties” bly sit het (A), en die ander een (B)teen die snelheid van lig beweeg het. Daar sal altyd van ‘n nou en ‘n later sprake wees. Daar sal ‘n verskil tussen nou en later vir A en B wees, volgens die bewegingstyd op die horlosie, maar die verskil tussen nou en later in gebeuretyd sal presies dieselfde wees - albei sal ewe oud wees, omdat dieselfde biologiese tyd met hulle gebeur het.
This email has been checked for viruses by Avast antivirus software. |
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.